1 Samuel 23:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Saul het aan die oorkant van die berg getrek, en Dawid en sy manne aan die ander kant van die berg; want Saul en sy manne het Dawid en sy manne rondom omsingel om hulle in te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul het aan die een kant om die berg gegaan, en Dawid en sy manskappe aan die ander kant. Dawid het haastig van Saul se leër probeer ontvlug. Net toe Saul en sy magte op die punt was om Dawid en sy manne vas te trek, |
| Afrikaans 1933/1953 | En Saul het aan hierdie kant van die berg getrek, maar Dawid met sy manne was aan die ander kant van die berg. En toe Dawid in angs vlug om van Saul weg te kom, terwyl Saul en sy manne Dawid en sy manne omsingel om hulle te vang, |
| Afrikaans 1983 | Saul het aan die een kant van die berg langs gegaan, en Dawid en sy manne net aan die ander kant. En toe Dawid bang voor Saul wegvlug, terwyl Saul en sy manskappe al vir Dawid en sy manne begin omsingel om hulle te vang, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het al langs die een kant van die berg getrek, en Dawid en sy manne al langs die ander kant van die berg. Dawid het haastig op die vlug geslaan om van Saul af weg te kom, maar Saul en sy manne was besig om Dawid en sy manne te omsingel om hulle gevange te neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het teen die een kant van die berg geloop en Dawid en sy manne het teen die ander kant van die berg geloop. Dawid het vinnig geloop om weg te kom van Saul, maar Saul en sy manne het vir Dawid en sy manne van al die kante vasgekeer om hulle te vang. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul het al langs die een kant van die kop getrek, terwyl Dawid aan die ander kant van die kop so al wat hy kan probeer om van Saul af weg te kom. Toe Saul en sy manne op die punt is om Dawid en sy manne te omsingel en hulle vas te trek, |