1 Samuel 23:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Saul en sy manne het ook gegaan om hom te soek. En hulle het dit aan Dawid meegedeel: Daarom het hy op 'n rots afgekom en in die woestyn Maon gebly. En toe Saul dit hoor, het hy Dawid agternagejaag in die woestyn Maon.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Dawid hoor dat Saul en sy leër hom soek, het hy nog dieper die woestyn ingetrek na die groot rots in die woestyn van Maon. Maar Saul het dit gehoor en hom in die Maonwoestyn agtervolg.
Afrikaans 1933/1953 Toe Saul met sy manne trek om hom te soek, is dit aan Dawid geboodskap; daarom het hy afgetrek na die rots en in die woestyn Maon gebly. Maar Saul het dit gehoor en Dawid agternagejaag, die woestyn Maon in.
Afrikaans 1983 Toe Saul en sy manskappe hom gaan soek, is dit aan Dawid vertel, en hy het na die kliprant toe gegaan, nog in die Maonwoestyn. Saul het dit verneem en Dawid in die Maonwoestyn agtervolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul en sy manne het hom toe gaan soek. Dawid is daaroor ingelig, en hy het na die rotsskuiling afgetrek en in die woestyn van Maon gebly. Toe Saul dit hoor, het hy Dawid in die woestyn van Maon agtervolg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul en sy manne het vir Dawid gaan soek, maar Dawid het gehoor dat hulle hom kom soek het en hy het afgegaan na die groot klip in die Maon-woestyn. Saul het gehoor dat Dawid daar is en hy het vir Dawid gevolg en gejaag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul en sy manskappe het die soektog begin. Toe Dawid dit hoor, het hy afgegaan na die rotskop in die Maonwoestyn en daar gebly. Dit het by Saul uitgekom, en hy is agter Dawid aan, die Maonwoestyn in.