1 Samuel 23:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het klaargemaak en voor Saul na Sif gegaan, maar Dawid en sy manne was in die woestyn Maon, in die vlakte suid van Jesímon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het toe voor Saul uit teruggegaan na Sif toe. Intussen het Dawid en sy krygers verskuif na die Maonwoestyn in die dorre landstreek suid van die woestyn. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het klaargemaak en voor Saul uit na Sif gegaan, terwyl Dawid en sy manne in die woestyn Maon was, in die Vlakte suid van die wildernis. |
| Afrikaans 1983 | Die Siffiete het klaargemaak en voor Saul uit na Sif toe gegaan. Dawid en sy manne was in die Maonwoestyn in die vlakte suid van die onherbergsame streek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe gereedgemaak en voor Saul uit na Sif gegaan. Dawid en sy manne was in die woestyn van Maon, in die Araba, suid van Jesimon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Sif het gereedgemaak en hulle het teruggegaan na Sif voordat Saul gekom het. Dawid en sy manne was toe in die Maon-woestyn. Hulle was in die vallei waar niks plante groei nie, suid van die droë woestyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense het teruggegaan Sif toe. Saul sou later daarheen gaan. Dawid en sy manne was in die Maonwoestyn in die Arabavlakte suid van die Jeshimonwoestyn. |