1 Samuel 23:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gaan tog, maak tog gereed, en weet en sien sy plek waar sy woonplek is en wie hom daar gesien het; want dit is vir my gesê dat hy baie listig handel.
Afrikaans (NLV) 2011 Gaan kyk en maak seker waar hy hom bevind en wie hom gesien het, want ek het verneem hy is baie uitgeslape.
Afrikaans 1933/1953 Gaan tog heen, maak verder klaar en ondersoek en bekyk die plek waar sy spoor is, wie hom daar gesien het; want aan my is gesê dat hy baie listig is.
Afrikaans 1983 Gaan dan nou, stel weer vas waar Dawid is, kyk goed en verken die plek: waar sy spore is en wie hom daar gesien het, want iemand het vir my gesê hy is baie uitgeslape.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gaan tref verdere voorbereidings. Maak seker en bekyk sy plek – waar sy spore is, wie hom daar gesien het. Want hulle sê vir my hy is baie geslepe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet asseblief gaan en julle moet goed kyk waar julle Dawid se spore sien en waar mense hom gesien het. Iemand het vir my gesê dat Dawid baie slim is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gaan nou terug, dan maak julle weer doodseker: julle moet weet waar sy lêplek is, waar hy rondloop en wie hom gesien het. Hulle sê vir my hy is baie skelm.