1 Samuel 23:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar dan nou, o koning, af volgens al die begeerte van u siel om af te kom; en ons deel sal wees om hom in die hand van die koning te gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As dit vir die koning goed is, kom hierheen, en ons sal hom aan u uitlewer!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En is dit nou na u hartelus om af te kom, o koning, kom dan af, en ons sal sorg om hom in die hand van die koning uit te lewer. |
| Afrikaans 1983 | U Majesteit, as dit dan nou u begeerte is om op te trek, trek op en ons sal sorg dat hy aan u uitgelewer word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As u, o koning, dan nou graag wil afkom na ons, kom gerus af! Dit sal ons verantwoordelikheid wees om hom in die hand van die koning oor te lewer.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning, jy moet nou sê wat jy wil hê. As jy wil kom, dan moet jy kom, ons sal jou help om vir Dawid te vang.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As U Majesteit dan nou graag daarheen wil kom, kan u gerus kom. Ons sal sorg dat U majesteit hom in die hande kry.” |