1 Samuel 23:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek gaan en hierdie Filistyne verslaan? En die HERE het vir Dawid gesê: Gaan heen, verslaan die Filistyne en red Kehíla. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het vir die Here gevra: “Moet ek die Filistyne gaan aanval?” “Ja, gaan verdryf die Filistyne en verlos Keïla,” sê die Here vir hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe raadpleeg Dawid die HERE en vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En die HERE sê vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Keh¡la. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het die Here geraadpleeg: “Sal ek optrek en hierdie klomp Filistyne verslaan?” Die Here het vir Dawid geantwoord: “Trek op en verslaan die Filistyne en bevry Keïla.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het die Here geraadpleeg: “Moet ek gaan en daardie Filistyne aanval?” Die Here het vir Dawid gesê: “Gaan, val die Filistyne aan en bevry Keïla!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het vir die Here gevra: “Moet ek daardie Filistyne gaan aanval?” En die Here het vir Dawid gesê: “Jy moet die Filistyne gaan aanval en jy moet die mense van Keïla red.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het toe deur die priester vir die Here gevra: “Moet ek hierdie klomp Filistyne gaan aanval?” Die Here het geantwoord: “Ja, gaan val hulle aan dat Keïla weer vry kan wees.” |