1 Samuel 23:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle twee het 'n verbond voor die aangesig van die HERE gesluit, en Dawid het in die bos gebly, en Jónatan het na sy huis gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die twee het toe hulle ooreenkoms opnuut met ’n eed voor die Here bevestig. Daarna is Jonatan terug huis toe, terwyl Dawid verder in Goresa gebly het.
Afrikaans 1933/1953 Toe sluit hulle twee 'n verbond voor die aangesig van die HERE; en Dawid het in Hores gebly, maar Jonatan het na sy huis gegaan.
Afrikaans 1983 Hulle twee het toe 'n verbond voor die Here gesluit. Dawid het in Goresa gebly, en Jonatan het huis toe gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat hulle twee voor die Here 'n ooreenkoms gesluit het, het Dawid in Goresa gebly, en Jonatan het na sy huis teruggegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jonatan en Dawid het weer 'n ooreenkoms gemaak, en die Here was die getuie. Dawid het by Goresa gebly, en Jonatan het teruggegaan na sy huis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle twee het by ’n altaar van die Here ’n ooreenkoms met mekaar gemaak. Jonatan is daarna huis toe, maar Dawid het in Goresa gebly.