1 Samuel 23:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom: Moenie vrees nie, want die hand van my vader Saul sal jou nie vind nie; en jy sal koning wees oor Israel, en Ek sal naas jou wees; en dit weet ook my vader Saul. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie bang wees nie,” verseker Jonatan hom. “My pa sal jou nie vang nie. Jy sal koning van Israel word en ek sal onder jou dien. My pa weet dit baie goed.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en vir hom gesê: Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie, maar jy sal koning word oor Israel, en ek sal die tweede onder jou wees; en my vader Saul weet dit ook goed. |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, want my pa sal jou nie in die hande kry nie. Jy sal koning word oor Israel, en ek sal onder jou staan. Selfs my pa weet dat dit so is.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, want Saul, my pa, sal jou nie in die hande kry nie. Jy is die een wat koning sal word oor Israel, en ek self sal tweede in bevel wees. Selfs my pa, Saul, weet dat dit so is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moenie bekommerd wees nie. My pa sal jou nie vang nie. Jy sal koning word oor Israel, en ek sal jou belangrikste amptenaar wees. My pa Saul weet ook dat dit so sal wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het gesê: “Moenie bang wees nie. My pa sal jou nie in die hande kry nie. Jý is die een wat koning oor Israel gaan word. Ek sal onder jou wees. My pa weet dit sal so wees.” |