1 Samuel 23:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Dawid het gesien dat Saul uitgegaan het om sy lewe te soek, en Dawid was in die woestyn Sif, in 'n bos. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het besef dat Saul hom nog steeds wou doodmaak; daarom is hy na Goresa toe in die woestyn van Sif. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Dawid het bemerk dat Saul uittrek om sy lewe te soek. Dawid was naamlik in die woestyn Sif, in Hores. |
| Afrikaans 1983 | Toe Dawid besef dat Saul steeds daarop uit is om hom dood te maak, is hy na Goresa toe in die Sifwoestyn. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het besef dat Saul uitgetrek het om sy lewe te neem. Terwyl Dawid in Goresa was, in die woestyn van Sif, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het geweet dat Saul wil kom om hom dood te maak, en hy het in die Sif-woestyn by die stad Goresa gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het gesien dat Saul daarop uit was om hom dood te maak. Toe Dawid in die Sifwoestyn in Goresa was, |