1 Samuel 23:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarna het Dawid en sy manne, omtrent seshonderd, opgestaan en uit Kehíla vertrek en gegaan waar hulle ook al kon gaan. En aan Saul is meegedeel dat Dawid uit Kehíla vrygeraak het; en hy het versuim om uit te gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid en sy manskappe, nou omtrent 600 man, het Keïla verlaat en van plek tot plek rondgetrek. Toe Saul hoor dat Dawid gevlug het, het hy nie na Keïla toe gegaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het klaargemaak met sy manne, omtrent ses honderd man -- hulle het uit Keh¡la uitgetrek en rondgetrek waar hulle maar kon. Toe Saul berig ontvang dat Dawid uit Keh¡la ontsnap het, het hy opgehou om uit te trek. |
| Afrikaans 1983 | Dawid en sy manne, ongeveer ses honderd man, het klaargemaak, uit Keïla uitgegaan en heen en weer rondgetrek. Daar is ook aan Saul vertel dat Dawid uit Keïla ontsnap het en Saul het sy agtervolging gestaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop het Dawid en sy manne – ongeveer seshonderd man – gereedgemaak en uit Keïla weggetrek. Hulle het toe bly rondbeweeg. Aan Saul is berig dat Dawid ontvlug het uit Keïla. Hy het toe sy veldtog gestaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid en sy manne het toe gereedgemaak en hulle het uit Keïla gegaan. Hulle was omtrent 600 manne. Hulle het nie op een plek gebly nie, hulle het van die een plek na die ander plek gegaan. Saul het gehoor dat Dawid weggekom het uit Keïla, en hy het toe nie daarnatoe gegaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid en sy manne, omtrent 600 van hulle, het gereedgemaak en padgegee uit Keïla en van plek tot plek rondgetrek. Toe Saul hoor dat Dawid uit Keïla weggekom het, het hy nie na die dorp opgetrek nie. |