1 Samuel 23:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid: Sal die manne van Kehíla my en my manne in die hand van Saul gee? En die HERE het gesê: Hulle sal jou oorlewer.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid vra weer: “Sal hierdie inwoners van Keïla my en my mense aan Saul uitlewer?” En die Here antwoord: “Ja, hulle sal jou verraai.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê Dawid: Sal die burgers van Keh¡la my en my manne in die hand van Saul uitlewer? En die HERE antwoord: Hulle sal uitlewer.
Afrikaans 1983 Toe vra Dawid: “Sal die regeerders van Keïla my en my manne aan Saul uitlewer?” Die Here het hom geantwoord: “Ja.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe vra Dawid: “Sal die burgers van Keïla my en my manne oorlewer in die hand van Saul?” Die Here het geantwoord: “Hulle sal.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het weer gevra: “Sal die leiers van die mense van Keïla my en my manne vir Saul gee?” En die Here het gesê: “Ja, hulle sal dit doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid vra toe weer: “En sal die leiers van Keïla my en my manne aan Saul oorgee?” “Ja, hulle gaan julle oorgee,” antwoord die Here.