1 Samuel 23:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sal die manne van Kehíla my in sy hand oorgee? Sal Saul afkom soos u dienaar gehoor het? O HERE, God van Israel, sê tog vir u kneg. En die HERE het gesê: Hy sal afkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sal die inwoners van Keïla my aan hom uitlewer? En sal Saul regtig kom soos ek verneem het? Here, God van Israel, sê my, asseblief.” Die Here antwoord hom: “Ja, hy sal kom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Sal die burgers van Keh¡la my in sy hand uitlewer? Sal Saul afkom soos u kneg verneem het? HERE, God van Israel, gee u kneg dit tog te kenne! Toe antwoord die HERE: Hy sal afkom. |
| Afrikaans 1983 | Sal die regeerders van Keïla my aan hom uitlewer? Sal Saul optrek soos ek verneem het? Here, God van Israel, lig my tog in.” En die Here antwoord: “Ja, hy sal optrek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sal die burgers van Keïla my oorlewer in die hand van Saul? Gaan Saul afkom, soos u dienskneg verneem het? Here, God van Israel, maak dit tog aan u dienskneg bekend!” Die Here het geantwoord: “Hy gaan afkom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek vra vir U: Sal die leiers van die mense van Keïla my vir Saul gee? Ek het gehoor dat Saul na Keïla kom. Is dit waar? Here, God van Israel, sê asseblief vir my wat sal gebeur.” En die Here het gesê: “Saul sal kom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sal die burgers van Keïla my aan Saul oorgee? Sal Saul hierheen kom, soos ek gehoor het? Here, God van Israel, sê my asseblief wat gaan gebeur!” Die Here het geantwoord: “Ja, Saul gaan hierheen kom.” |