1 Samuel 23:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid: HERE, God van Israel, u kneg het beslis gehoor dat Saul na Kehíla wil kom om die stad om my ontwil te verwoes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het gebid: “O Here, God van Israel, ek, u dienaar, het gehoor dat Saul kom om Keïla te vernietig omdat ek hier is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid sê: HERE, God van Israel, u kneg het verseker gehoor dat Saul na Keh¡la wil trek om die stad om my ontwil te verwoes. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het gesê: “Here, God van Israel, ek is u dienaar. Ek het verneem dat Saul na Keïla toe wil kom om die stad te verwoes omdat ek hier is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Dawid: “ Here, God van Israel, u dienskneg het betroubaar verneem dat Saul van plan is om na Keïla te kom en om vanweë my die dorp te verwoes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het gesê: “Here, God van Israel, luister asseblief na wat ek vra, want ek weet Saul sal na Keïla kom om die stad te verwoes omdat ek hier is, dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid sê toe: “Here, God van Israel, hierdie dienaar van u het sonder twyfel gehoor dat Saul van plan is om na Keïla toe te kom en die dorp uit te wis omdat ek hier is. |