1 Samuel 22:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe antwoord Doëg, die Edomiet, wat oor die dienaars van Saul aangestel was, en sê: Ek het die seun van Isai na Nob sien aankom, by Ahimeleg, die seun van Ahítub.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe antwoord Doëg die Edomiet wat oor Saul se veewagters aangestel was. “Toe ek in Nob was,” sê hy, “het ek gesien die seun van Isai praat met die priester Agimelek seun van Agitub.
Afrikaans 1933/1953 Daarop antwoord Doëg, die Edomiet, wat by die dienaars van Saul staan, en sê: Ek het die seun van Isai sien kom in Nob by Ahim,leg, die seun van Ah¡tub.
Afrikaans 1983 Doëg die Edomiet het tussen die amptenare van Saul gestaan en hy het gesê: “Ek het die seun van Isai gesien toe hy in Nob by Agimelek seun van Agitub gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Doëg, die Edomiet, wat daar by Saul se amptenare staan, reageer toe daarop en sê: “Ek het gesien die seun van Isai kom in Nob aan, by Agimeleg, seun van Agitub.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Edomiet Doëg het by die amptenare van Saul gestaan. Hy het vir Saul gesê: “Ek het gesien Dawid seun van Isai het na die stad Nob gekom na Agimelek seun van Agitub toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Doëg, die man uit Edom, het self ook daar by Saul se amptenare gestaan. Hy sê toe: “Ek het gesien die seun van Isai kom daar by Nob aan, by Agimelek, Agitub se seun.