1 Samuel 22:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dat julle almal teen my saamgesweer het, en daar is niemand wat my te kenne gee dat my seun 'n verbond met die seun van Isai gesluit het nie, en daar is niemand van julle wat jammer is vir my of aan my te kenne gee dat my seun opgewek het nie my dienaar teen my opstaan om te loer soos dit vandag is? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het almal teen my saamgesweer! Nie een van julle het my vertel dat my eie seun met die seun van Isai teen my saamgesweer het nie. Julle is nie eens jammer vir my nie. Dink daaraan! My eie seun hits my onderdaan aan om my dood te maak!” |
| Afrikaans 1933/1953 | dat julle almal teen my saamspan en niemand dit aan my openbaar as my seun met die seun van Isai 'n verbond sluit nie? en niemand van julle met my medelyde het en dit aan my openbaar dat my seun my onderdaan teen my ophits om my voor te lê, soos vandag die geval is nie? |
| Afrikaans 1983 | Julle almal het saamgesweer teen my. Niemand het my vertel dat my seun 'n verbond met die seun van Isai gesluit het nie; niemand van julle het medelye met my nie; niemand het my vertel dat my seun 'n amptenaar van my teen my opmaak, sodat hy vandag vir my 'n bedreiging is nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want julle smee almal 'n komplot teen my, en niemand lig my in wanneer my eie seun met die seun van Isai 'n ooreenkoms sluit nie; ja, niemand van julle het simpatie met my en maak dit aan my bekend dat my eie seun my dienaar teen my laat opstaan nie, om my voor te lê soos dit op die oomblik is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het almal planne gemaak teen my. Niemand het vir my kom sê dat my seun 'n ooreenkoms gemaak het met die seun van Isai nie. Niemand van julle is bekommerd oor my nie. Niemand het vir my kom sê dat my seun vir Dawid, my amptenaar, opstandig gemaak het teen my nie. Dit is wat Dawid vandag doen, hy lê en wag om my aan te val.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Is dít die rede hoekom julle almal planne maak teen my en niemand my eers vertel dat my eie seun en daardie seun van Isai vir mekaar beloftes gemaak het nie? Nie een van julle gee meer vir my om nie, want niemand sal vir my kom sê dat my eie seun een van my werkers teen my opgesteek het sodat hy nou sy kans afwag om my by te kom nie! Dís nou hoe dit is!” |