1 Samuel 22:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Saul aan sy dienaars wat by hom staan: Luister tog, Benjaminiete! sal die seun van Isai aan julle elkeen lande en wingerde gee en julle almal owerstes oor duisend en owerstes oor honderd aanstel; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Luister hier, manne van Benjamin!” roep Saul uit toe hy die nuus hoor. “Sal die seun van Isai ook vir julle landerye en wingerde gee? Sal hy julle hoofde oor duisend en oor honderd in sy leër maak? |
| Afrikaans 1933/1953 | het Saul aan sy dienaars wat by hom staan, gesê: Luister tog, Benjaminiete! Sal die seun van Isai ook vir julle almal lande en wingerde gee, julle almal aanstel as owerstes oor duisend en owerstes oor honderd, |
| Afrikaans 1983 | Saul het vir sy amptenare wat by hom staan, gesê: “Luister tog, Benjaminiete! Sal die seun van Isai miskien ook vir julle almal velde en wingerde gee en julle almal aanstel as leiers van duisende en leiers van honderde? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul sê toe vir sy amptenare wat by hom staan: “Luister, Benjaminiete! Gaan die seun van Isai ook vir julle almal landerye en wingerde gee, julle almal aanstel as aanvoerders van duisend en aanvoerders van honderd? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sê toe vir hulle: “Manne van die Benjamin-stam, julle moet luister: Dink julle Dawid sal ook vir julle almal koringlande en wingerde gee? Dink julle hy sal julle ook almal offisiere maak oor 1 000 manne of oor 100 manne? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sê toe vir sy amptenare wat daar om hom staan: “Luister hier, manne van Benjamin! Dink julle daardie seun van Isai sal vir julle elkeen lande en wingerde gee? Sal hy julle leiers maak van groepe van 100 of 1 000 manskappe? |