1 Samuel 22:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Saul hoor dat Dawid ontdek is, en die manne wat by hom was, het Saul in Gíbea onder 'n boom in Rama gebly, met sy spies in sy hand, en al sy dienaars het rondom hom gestaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die nuus van sy aankoms in Juda het gou Saul se ore bereik. Saul het onder ’n tamariskboom op die hoogte by Gibea gesit met sy spies in sy hand en sy offisiere rondom hom.
Afrikaans 1933/1953 Toe Saul hoor dat Dawid en die manne wat by hom was, opgemerk is -- Saul het by G¡bea op die hoogte onder die tamarisk gesit met sy spies in sy hand, en al sy dienaars het by hom gestaan --
Afrikaans 1983 Terwyl Saul in Gibea op 'n hoogte onder 'n tamarisk gesit het met sy spies in sy hand, en al sy amptenare by hom gestaan het, het hy verneem dat die mense weet waar Dawid en sy manne is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het gehoor dat Dawid, en ook die manne wat by hom was, opgemerk is. Saul het in Gibea op die hoogte onder 'n tamarisk gesit met sy vegspies in sy hand, met al sy amptenare wat daar by hom staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het gehoor dat Dawid en sy manne in die Geret-bos is. Saul het by die stad Gibea op 'n hoë plek onder 'n tamariskboom gesit. Hy het sy spies in sy hand vasgehou, en al sy amptenare het by hom gestaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul het gehoor dat die mense weet waar Dawid en sy manne is. Saul het onder die tamariskboom op die bult by Gibea gaan sit met sy spies in sy hand. Al sy amptenare was by hom.