1 Samuel 22:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die profeet Gad vir Dawid: Moenie in die bergvesting bly nie; gaan weg en gaan na die land Juda. Toe het Dawid weggegaan en in die bos van Haret gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die profeet Gad sê op ’n dag vir Dawid: “Moenie in die bergskuiling bly nie. Gaan terug na Juda toe.” Dawid gaan toe na die Geretbos.
Afrikaans 1933/1953 Maar die profeet Gad het vir Dawid gesê: Jy mag nie in die bergvesting bly nie; trek weg en gaan die land Juda in. En Dawid het weggetrek en in die bos H,ret gekom.
Afrikaans 1983 Maar die profeet Gad het vir Dawid gesê: “Jy mag nie in die skuiling bly nie. Trek weg en gaan na Juda toe.” Dawid het toe na die Geretbos toe gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die profeet Gad het egter vir Dawid gesê: “Jy mag nie in die bergskuiling bly nie. Gaan weg! Sorg dat jy in die gebied van Juda kom.” Dawid het toe vertrek en die bos van Geret binnegegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die profeet Gad het vir Dawid gesê: “Jy moenie aanhou om hier in die berge weg te kruip nie, jy moet na die land Juda gaan.” Dawid het toe gegaan en hy het in die Geret-bos gaan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die profeet Gad het vir Dawid gesê: “Moenie in die berg wegkruip nie. Gaan na Juda toe.” Dawid het dit gedoen en na die Geretbos toe gegaan.