1 Samuel 22:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dawid het daarvandaan na Mispa van Moab gegaan en aan die koning van Moab gesê: Laat my vader en my moeder tog uittrek en by jou wees totdat ek weet wat God met my sal doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het intussen die koning van Moab in Mispa besoek en vir hom gevra: “Mag my ouers hier by julle kom woon totdat ek weet wat God met my gaan doen?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Vandaar gaan Dawid toe na Mispe in Moab en sê aan die koning van Moab: Laat my vader en my moeder tog uitkom by julle totdat ek weet wat God met my wil doen. |
| Afrikaans 1983 | Daarvandaan het Dawid na Mispe in Moab toe gegaan en vir die koning van Moab gevra: “Laat my ouers tog uitkom na u toe totdat ek weet wat God aan my sal doen.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van daar af is Dawid na Mispe in Moab. Hy het vir die koning van Moab gesê: “Laat my vader en moeder asseblief na julle uitwyk, totdat ek weet wat God met my wil doen.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het weggegaan van die Adullam-grot na die stad Mispe in Moab en hy het vir die koning van Moab gevra: “Mag my ouers asseblief by julle kom bly totdat ek weet wat God met my sal doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid is daarvandaan na Mispe in Moab. Hy het vir die koning van Moab gevra: “Kan my pa en ma asseblief hier by u kom bly tot ek weet wat God met my gaan doen?” |