1 Samuel 22:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bly by my, wees nie bevrees nie, want hy wat my lewe soek, soek jou lewe; maar by my sal jy in bewaring wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Bly hier by my en moenie bang wees nie. Die een wat jou wil doodmaak, wil my ook doodmaak. By my is jy egter veilig.”
Afrikaans 1933/1953 Bly by my, wees nie bevrees nie; want die wat my lewe soek, soek u lewe ook; want u is by my in goeie bewaring.
Afrikaans 1983 Bly by my en moenie bang wees nie, want hy wat my lewe soek, soek ook jou lewe. Maar jy is veilig by my.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bly by my, moenie bang wees nie, want hy wat my lewe soek, soek ook jou lewe. Ja, jy is veilig by my.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet by my bly, jy moenie bekommerd wees nie. Die man wat vir jou wil doodmaak, wil ook vir my doodmaak, maar jy sal veilig wees by my.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bly by my. Moenie bang wees nie, want die een wat jóú wil doodmaak, wil mý ook doodmaak. By my is jy veilig.”