1 Samuel 22:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elkeen wat in benoudheid was, en elkeen wat skuld gehad het, en elkeen wat ontevrede was, het by hom vergader; en hy het 'n owerste oor hulle geword, en by hom was omtrent vier honderd man. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het al meer mense wat in die moeilikheid was, of hulle skuld nie kon betaal nie, of oor iets ontevrede was, by hom aangesluit. Mettertyd was Dawid die leier van omtrent 400 man. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het by hom vergader elkeen wat in benoudheid was, en elkeen wat 'n skuldeiser gehad het, en elkeen wat verbitterd was; en hy het owerste oor hulle geword, sodat daar omtrent vier honderd man met hom saam was. |
| Afrikaans 1983 | Verder het elkeen wat in die moeilikheid was, en elkeen wat 'n skuldeiser gehad het, en elkeen wat verbitterd was, by hom aangesluit, en hy het hulle leier geword. Daar was ongeveer vier honderd man by hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elkeen wat in die moeilikheid was, wat geld geskuld het, of verbitterd was, het by hom aangesluit, en hy het hulle •aanvoerder geword. Daar was ongeveer vierhonderd man by hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat probleme gehad het, het na Dawid toe gekom, en ook almal wat geld geskuld het en almal wat kwaad was vir ander mense. Dawid was hulle leier, en daar was omtrent 400 manne by hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat in die moeilikheid was, wat in die skuld was of wat bitter was oor die een of ander ding, het ook na Dawid toe gegaan. Hy het hulle leier geword. Daar was omtrent 400 mense by hom. |