1 Samuel 22:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Nob, die stad van die priesters, het hy met die skerpte van die swaard verslaan, mans sowel as vroue, kinders en suigelinge en beeste en esels en skape met die skerpte van die swaard.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna is ook Nob, die priesterdorp, aangeval en al die mans, vroue, kinders en babas, asook al die grootvee, donkies en kleinvee afgemaai.
Afrikaans 1933/1953 Ook die priesterstad Nob het hy met die skerpte van die swaard verslaan, man sowel as vrou, kind sowel as suigling, ook die beeste en esels en skape met die skerpte van die swaard.
Afrikaans 1983 Nob, die dorp van die priesters, is met die swaard uitgewis: man en vrou, kind en suigling, bees en donkie en kleinvee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het Nob, die dorp van die priesters, met die skerpte van die swaard verslaan: van man tot vrou, kinders tot suigelinge; beeste, donkies en skape – alles met die skerpte van die swaard.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het ook almal in die priesterstad Nob doodgesteek: mans en vroue, kinders en babas, beeste, donkies en skape.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook alles in Nob, die dorpie waar die priesters gebly het, doodgemaak: mans en vroue, kinders, babatjies, beeste, donkies, skape en bokke. Almal is voor die voet met swaarde doodgesteek.