1 Samuel 22:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning vir Doëg: Draai jou om en val op die priesters. En Doëg, die Edomiet, het omgedraai, en hy het op die priesters geval en op dié dag vyf en tagtig mense gedood wat 'n linneskouerkleed gedra het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe beveel die koning vir Doëg: “Val die priesters aan!” Doëg het die priesters aangeval en 85 mans wat die linneskouerkleed dra, doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê die koning vir Doëg: Tree jy nader en val op die priesters aan. Toe tree Doëg, die Edomiet, nader en hy val op die priesters aan; en hy het op die dag vyf en tagtig man wat die linneskouerkleed dra, gedood.
Afrikaans 1983 Toe sê die koning vir Doëg: “Spring onder hulle in en val die priesters aan.” Doëg die Edomiet het onder hulle ingespring, die priesters aangeval en daardie dag vyf en tagtig man wat die linneskouerkleed dra, doodgemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê die koning vir Doëg: “Draai jy om en val die priesters aan!” Toe draai Doëg, die Edomiet, om en val self die priesters aan. Hy het daardie dag vyf-en-tagtig manne wat die linne-efod dra, doodgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning sê toe vir Doëg: “Dan moet jý die priesters aanval.” Die Edomiet Doëg het toe die priesters aangeval. Hy het daardie dag 85 priesters doodgemaak, manne wat die linne- skouer-kleed dra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die koning sê toe vir Doëg: “Komaan jy! Doen jy dit!” Doëg, die Edomiet, het self op die priesters toegesak en hulle aangeval. Hy het daardie dag 85 mans wat priesterklere aangehad het, doodgemaak.