1 Samuel 22:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die koning aan die voetgangers wat rondom hom staan: Draai om en maak die priesters van die HERE dood; omdat hulle hand ook met Dawid is, en omdat hulle geweet het toe hy gevlug het en dit nie aan my te kenne gegee het nie. Maar die dienaars van die koning wou nie hulle hand uitsteek om teen die priesters van die HERE te val nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe beveel hy die lyfwagte rondom hom: “Maak die priesters van die Here dood, want hulle is kop in een mus met Dawid. Hulle het geweet dat hy van my af vlug, maar het my nie laat weet nie!” Maar Saul se wagte het geweier om die priesters van die Here dood te maak.
Afrikaans 1933/1953 En die koning sê aan die hardlopers wat by hom staan: Tree nader en maak die priesters van die HERE dood, omdat hulle hand ook met Dawid saam is en omdat hulle geweet het dat hy vlug en dit nie aan my geopenbaar het nie. Maar die dienaars van die koning wou hulle hand nie uitsteek om op die priesters van die HERE aan te val nie.
Afrikaans 1983 Toe beveel die koning die hardlopers wat by hom staan: “Pak hulle en maak dood die priesters van die Here, want hulle is aan Dawid se kant. Hulle het baie goed geweet dat hy vlug en hulle het my dit nie vertel nie.” Maar die amptenare van die koning wou nie 'n vinger verroer om die priesters van die Here aan te val nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê die koning vir die hardlopers wat by hom staan: “Draai om! Maak die priesters van die Here dood, want ook hulle ondersteun Dawid. Hulle het immers geweet dat hy aan die vlug is, maar hulle het my nie daaroor ingelig nie.” Die dienaars van die koning wou egter nie hulle hand uitsteek om die priesters van die Here aan te val nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning sê toe vir die manne wat by hom staan: “Julle moet die priesters aanval en julle moet hulle doodmaak, want hulle het ook vir Dawid gehelp. Hulle het geweet dat hy vlug en hulle het dit nie vir my kom sê nie.” Maar die amptenare van die koning wou nie die priesters van die Here aanval en doodmaak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sê toe vir sy wagte wat daar by hom staan: “Komaan! Maak die priesters van die Here dood, want húlle is ook aan Dawid se kant en hulle het geweet hy vlug, maar hulle het my nie kom sê nie!” Maar die koning se amptenare het g’n hand verroer nie; hulle wou nie die priesters van die Here aanval nie.