1 Samuel 22:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het ek dan begin om God vir hom te raadpleeg? laat die koning sy dienaar en die hele huis van my vader niks toereken nie, want u dienaar het niks hiervan geweet nie, minder of meer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis tog nie die eerste keer dat ek God vir hom geraadpleeg het nie. Moet asseblief nie my en my familie hiervan beskuldig nie, want ek het absoluut niks geweet van ’n komplot teen u nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Het ek vandag vir die eerste keer God vir hom geraadpleeg? Dit is ver van my! Die koning moet nie op sy dienaar, op my hele familie, iets lê nie; want u dienaar het van hierdie hele saak, klein of groot, niks af geweet nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit is in elk geval nie die eerste keer dat ek God vir hom geraadpleeg het nie. Die koning moet my en my hele familie nie van iets beskuldig nie, want ek het beslis niks van die hele saak af geweet nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Het ek nou eers God vir hom begin raadpleeg? Hoegenaamd nie! Die koning moet nie sy dienaar en sy hele familie by die saak betrek nie, want u dienaar het van hierdie hele saak, groot of klein, niks geweet nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is ook nie die eerste maal dat ek tot die Here bid en vra of dit goed sal gaan met Dawid nie. Nee, die koning moenie dink dat ek en my familie iets gedoen het wat verkeerd is nie, want ek het niks geweet van planne teen jou nie, heeltemal niks.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was ook nie die eerste keer dat ek vir God gevra het wat Dawid moet doen nie. Ek het dit al baie gedoen! U Majesteit moet asseblief nie hierdie dienaar van u of sy familie van enigiets beskuldig nie, want ek het heeltemal niks geweet van hierdie hele saak nie.” |