1 Samuel 22:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe antwoord Ahimeleg die koning en sê: En wie is so getrou onder al u dienaars soos Dawid, wat die koning se skoonseun is, en gaan volgens u bevel en is eerbaar in u huis? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar, Koning,” verweer Agimelek hom, “daar is tog niemand onder u amptenare wat so betroubaar is as u skoonseun Dawid nie. Hy is dan die aanvoerder van u lyfwag en ’n geëerde lid van u huishouding! |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord Ahim,leg die koning en sê: Maar wie is onder al u dienaars so getrou soos Dawid, wat skoonseun van die koning is en aangesluit het by u lyfwag en geëerd is in u huis? |
| Afrikaans 1983 | Agimelek het die koning geantwoord: “Maar wie van al u amptenare is so betroubaar soos Dawid, die skoonseun van die koning? Hy is die hoof van u lyfwag en geniet hoë aansien in u huis. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agimeleg het die koning geantwoord en gesê: “Maar wie onder al u amptenare is so betroubaar soos Dawid, die skoonseun van die koning, aanvoerder van u lyfwag, en geëer in u huis? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Agimelek sê toe vir die koning: “Maar 'n mens kan vir Dawid glo, 'n mens kan hom meer glo as vir jou ander amptenare. Hy is jou skoonseun en hy is die hoof oor die mense wat jou moet oppas. Almal in jou familie respekteer hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Agimelek antwoord die koning: “Maar, U Majesteit, wie van al u werkers is so getrou soos Dawid, u eie skoonseun, hoof van u lyfwag, iemand vir wie almal in die paleis respek het? |