1 Samuel 22:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Saul sê vir hom: Waarom het julle teen my sameswering gemaak, jy en die seun van Isai, deurdat jy hom brood en 'n swaard gegee het en God vir hom geraadpleeg het, dat hy teen my sou opstaan om in te lê en wag, soos op hierdie dag?
Afrikaans (NLV) 2011 “Hoekom het jy en die seun van Isai teen my saamgesweer?” vra Saul. “Hoekom het jy vir hom brood en ’n swaard gegee? Hoekom het jy God vir hom geraadpleeg en hom aangemoedig om teen my in opstand te kom sodat ek nou deur hom bedreig word?”
Afrikaans 1933/1953 En Saul sê vir hom: Waarom het julle teen my saamgesweer, jy en die seun van Isai, deurdat jy vir hom brood en 'n swaard gegee het en God vir hom geraadpleeg het, sodat hy hom as iemand wat my voorlê, teen my sou versit soos vandag die geval is?
Afrikaans 1983 En Saul het vir hom gevra: “Waarom het jy en die seun van Isai teen my saamgesweer toe jy vir hom brood en 'n swaard gegee en God vir hom geraadpleeg het, sodat hy teen my in opstand kon kom en vandag vir my 'n bedreiging is?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul sê toe vir hom: “Waarom het jy 'n komplot teen my gesmee, jy en die seun van Isai, deur vir hom brood en 'n swaard te gee en God vir hom te raadpleeg, sodat hy teen my in opstand gekom het om my voor te lê, soos dit op die oomblik is?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul vra toe vir Agimelek: “Hoekom het julle planne gemaak teen my, jy en die seun van Isai? Jy het vir hom kos en 'n swaard gegee en jy het vir die Here gevra of dit goed sal gaan met hom. Daarom is hy opstandig en daarom wil hy veg teen my. Hy lê vandag en wag om my aan te val.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul sê vir hom: “Hoekom het julle teen my planne gemaak, jy en daardie seun van Isai? Jy het vir hom kos gegee en ’n swaard en toe nog vir God ook gevra wat hy moet doen. Nou wag hy net sy kans af om teen my in opstand te kom. Dís hoe dit nou is!”