1 Samuel 22:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die HERE vir hom geraadpleeg en hom voedsel gegee en hom die swaard van Goliat, die Filistyn, gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Agimelek het die Here vir Dawid geraadpleeg om te hoor wat Dawid moes doen. Boonop het hy ook brood en die swaard van Goliat die Filistyn vir Dawid gegee.”
Afrikaans 1933/1953 En die het vir hom die HERE geraadpleeg en hom padkos gegee; hy het ook die swaard van Goliat, die Filistyn, aan hom gegee.
Afrikaans 1983 Agimelek het die Here vir Dawid geraadpleeg en vir hom padkos gegee. Agimelek het ook die swaard van die Filistyn Goliat vir hom gegee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die Here vir hom geraadpleeg en padkos vir hom gegee; ook die swaard van Goliat, die Filistyn, het hy vir hom gegee. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agimelek het tot die Here gebid en gevra of dit goed sal gaan met Dawid en hy het vir Dawid padkos gegee. Hy het ook die swaard van die Filistyn Goliat vir Dawid gegee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Agimelek het vir hom by die Here uitgevind wat hy moet doen; hy het vir hom padkos gegee en hy het boonop nog Goliat se swaard ook vir hom gegee.”