1 Samuel 22:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dawid het toe daarvandaan weggegaan en na die spelonk Adullam ontvlug; en toe sy broers en sy hele familie dit hoor, het hulle daarheen na hom afgegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid is daar weg en het in die Adullamgrot gaan skuil. Sy broers en al die ander familielede het dit gehoor en daar by hom aangesluit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het daarvandaan weggegaan en ontvlug na die spelonk van Adullam; en toe sy broers en sy hele familie dit hoor, het hulle daarheen afgetrek na hom. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het daarvandaan weggegaan en ontsnap na die Adullamgrot toe. Sy broers en sy hele familie het dit gehoor en daarheen gegaan na hom toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid is toe daar weg en het ontvlug na die grot van Adullam. Toe sy broers en sy hele familie dit hoor, het hulle daarheen afgetrek na hom toe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het weggegaan van koning Akis en hy het in die Adullam-grot gaan wegkruip. Sy broers en sy hele familie het gehoor dat hy daar is en hulle het na hom toe gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het van daar af weggevlug na die Adullamgrot toe. Sy broers en sy hele familie het dit gehoor en na hom toe gegaan. |