1 Samuel 21:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die priester: Die swaard van Goliat, die Filistyn, wat jy in die dal van Ela verslaan het, kyk, dit is hier agter die skouerkleed in 'n doek toegedraai; as jy dit wil neem, neem dit; want daar is niemand anders nie hier. En Dawid sê: So is daar nie; gee dit vir my.
Afrikaans (NLV) 2011 “Al wat ek hier het,” antwoord Agimelek, “is die swaard van Goliat die Filistyn wat jy in die vallei van die groot boom doodgemaak het. Dit is toegedraai in ’n mantel agter die skouerkleed. Jy kan dit vat as jy wil, want daar is niks anders hier nie.” “Daar is niks beters as dié swaard nie. Gee dit vir my!” sê Dawid.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die priester: Die swaard van Goliat, die Filistyn, wat u in die dal van die terpentynboom verslaan het, hier is dit in 'n mantel toegedraai, agter die skouerkleed; as u dit vir u wil neem, neem dit, want behalwe dit is hier geen ander nie. Toe sê Dawid: Daar is nie nog so een nie, gee dit aan my.
Afrikaans 1983 Die priester het hom geantwoord: “Die swaard van Goliat die Filistyn, vir wie u in die dal by die groot boom verslaan het, is hier, toegedraai in 'n mantel agter die skouerkleed. Vat dit vir u as u wil, want in hierdie plek is daar niks behalwe hierdie een nie.” En Dawid sê: “Daar is nie nog so een nie. Gee dit vir my.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê die priester: “Die swaard van Goliat die Filistyn, vir wie u in die Ela-vallei verslaan het, kyk, dit is in 'n kledingstuk toegedraai agter die efod. As u dít vir u wil neem, neem dit; want hier is geen ander swaard behalwe dié een nie.” Dawid sê toe: “Daar is nie nog so een nie. Gee dit vir my.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester het gesê: “Hier is die swaard van die Filistyn Goliat wat jy oorwin het in die vallei waar die groot boom is. Kyk, hier is dit toegedraai in 'n lap agter die skouer-kleed. Neem dit as jy dit wil hê, hier is nie 'n ander swaard nie.” Dawid het gesê: “Dit is die beste swaard. Gee dit vir my.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die priester antwoord hom: “Goliat, die Filistyn wat jy in Eikelaagte doodgemaak het, se swaard is hier. Dis toegedraai in ’n mantel daar agter die priestersak. As jy dit wil hê, kan jy dit kry. Dis die enigste swaard wat hier is.” “Daar is nie nóg so ’n swaard nie,” sê Dawid. “Gee hom vir my.”