1 Samuel 21:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid vir Ahimeleg: Is hier nie 'n spies of swaard onder jou hand nie? want ek het nie my swaard of my wapens saamgebring nie, omdat die koning se saak haas was.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid vra vir Agimelek: “Is hier dalk ’n spies of ’n swaard beskikbaar? Die koning se opdrag was so dringend dat ek nie eens tyd gehad het om my wapens te gryp nie!”
Afrikaans 1933/1953 En Dawid sê vir Ahim,leg: Is hier nie 'n spies of 'n swaard by u nie? Want ek het my swaard sowel as my wapens nie met my saamgeneem nie, omdat die opdrag van die koning dringend was.
Afrikaans 1983 Dawid het ook vir Agimelek gesê: “Is hier nie miskien 'n spies of 'n swaard byderhand nie? Ek kon selfs nie eens my swaard of my ander wapens vat nie, want die saak van die koning was dringend.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het ook vir Agimeleg gevra: “U het nie dalk hier 'n vegspies of 'n swaard byderhand nie? Ek het nie my swaard of my wapens met my saamgeneem nie, omdat die saak van die koning so dringend is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dawid het vir Agimelek gevra: “Het jy vir my 'n spies of 'n swaard? Ek kon nie my swaard of ander wapens saambring nie, want ek moes haastig weggaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dawid vra toe vir Agimelek: “Het jy nie dalk ’n spies of ’n swaard hier nie? Die koning het my so haastig gestuur, ek kon nie eers my spies of swaard of ander wapens vat nie.”