1 Samuel 21:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n sekere man uit die dienaars van Saul was daardie dag daar, in hegtenis voor die aangesig van die HERE; en sy naam was Doëg, 'n Edomiet, die vernaamste van die veewagters wat aan Saul behoort het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Doëg die Edomiet, hoof van Saul se veewagters, moes dié dag daar in die heiligdom deurbring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar daar was 'n man uit die dienaars van Saul wat dieselfde dag opgesluit was voor die aangesig van die HERE, en sy naam was Doëg, die Edomiet, die opsigter oor die veewagters van Saul. |
| Afrikaans 1983 | Een van Saul se slawe moes daardie dag in die tempel deurbring. Sy naam was Doëg. Hy was 'n Edomiet, die hoof van Saul se veewagters. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag was een van Saul se amptenare wat afgesonder is voor die Here egter ook daar. Sy naam was Doëg die Edomiet, die voorman van Saul se veewagters. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een van Saul se amptenare moes daardie dag in die tempel bly. Sy naam was Doëg, en hy was die hoof oor die wagters wat Saul se beeste en skape en bokke moes oppas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een van Saul se werkers was daardie dag ook om die een of ander rede in die tempel. Sy naam was Doëg. Hy het uit Edom gekom en was die baas van Saul se skaapwagters. |