1 Samuel 21:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die priester het toe vir hom heilige brood gegee, want daar was geen brood daar nie, behalwe die toonbrode wat voor die aangesig van die HERE weggeneem is, om warm brood te sit op die dag as dit weggeneem word.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat daar dus nie gewone brood beskikbaar was nie, gee die priester hom die offerbrood wat net daardie dag uit die heiligdom geneem is en met vars brode vervang is.
Afrikaans 1933/1953 Toe gee die priester hom die heilige brood, want daar was geen ander brood nie, behalwe die toonbrode wat voor die aangesig van die HERE weggeneem word, om vars brood neer te sit op die dag as dit weggeneem word.
Afrikaans 1983 Die priester het toe aan hom gewyde brood gegee, want daar was nie gewone brood nie, net die offerbrood wat op 'n bepaalde tyd uit die tempel verwyder word om dit deur vars brood te vervang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe gee die priester vir hom heilige brood, omdat daar geen ander brood daar was nie, behalwe die vertoonbrode wat voor die Here verwyder word om dit met warm brood te vervang op die dag wanneer dit weggeneem word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester gee toe vir Dawid van die gewyde brood. Daar was nie ander brood nie, daar was net die offer-brood wat die priester weggeneem het uit die tempel toe hy dit omgeruil het om vars brood daar neer te sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die priester gee toe vir hom die tempelbrood, want daar was nie ander brood nie. Die enigste brood was dié wat die priesters by die altaar weggevat het toe hulle weer vars brood daar moes neersit.