1 Samuel 21:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester het Dawid geantwoord en gesê: Daar is geen gewone brood onder my hand nie, maar daar is heilige brood; as die jong mans hulle ten minste van vroue weggehou het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ons het nie gewone brood hier nie,” antwoord die priester. “Ons het net die heilige brode wat julle maar kan kry as jou manne nie onlangs by ’n vrou geslaap het nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priester het Dawid geantwoord en gesê: Hier is geen gewone brood by my nie; hier is net heilige brood. As die dienaars hulle maar net vir vroue in ag geneem het. |
| Afrikaans 1983 | Die priester het Dawid geantwoord: “Ek het nie gewone brood byderhand nie, hier is net gewyde brood. As die manskappe hulle tog maar van vrouens weerhou het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester het Dawid geantwoord en gesê: “Gewone brood het ek nie byderhand nie, maar heilige brood is hier wel, as die jong dienaars hulleself maar net van vroue weerhou het. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester het vir Dawid gesê: “Ek het nie gewone brood nie, hier is net gewyde brood. Maar ek hoop die manne het nie kort gelede seks gehad nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die priester sê toe vir Dawid: “Ek het nie gewone brood nie, net tempelbrood. Jy kan dit kry op voorwaarde dat jou manskappe rein is en nie seks gehad het nie.” |