1 Samuel 21:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Dawid vir die priester Ahimeleg: Die koning het my 'n saak beveel en vir my gesê: Laat niemand iets weet van die saak waarheen ek jou stuur en wat ek jou beveel het nie; en ek het my dienaars aangestel om so en so 'n plek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die koning het my op ’n geheime sending gestuur,” sê Dawid. “Hy het my verbied om vir enigiemand te sê hoekom ek hier is. Ek het my manskappe aangesê om my op ’n bepaalde plek te ontmoet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid sê aan die priester Ahim,leg: Die koning het my 'n opdrag gegee en aan my gesê: Laat geen mens iets van die saak weet waarvoor ek jou stuur en wat ek jou opdra nie. Daarom het ek die dienaars 'n sekere plek aangewys. |
| Afrikaans 1983 | Dawid het vir die priester Agimelek gesê: “Die koning het my 'n opdrag gegee en gesê: ‘Niemand mag iets weet van die saak waarvoor ek jou stuur en wat ek jou beveel nie.’ Ek het my manskappe op 'n sekere plek bestel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid sê toe vir Agimeleg, die priester: “Die koning self het 'n saak aan my opgedra, maar hy het vir my gesê, ‘Niemand mag iets weet van die saak waaroor ek jou stuur en jou opdrag gee nie.’ Ek het met my jong dienaars afgespreek om mekaar op 'n sekere plek te ontmoet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het vir die priester Agimelek gesê: “Die koning het vir my gesê ek moet iets gaan doen. Hy het gesê niemand moet weet waarnatoe hy my stuur en hoekom ek moet gaan nie. Ek het vir my manne gesê waar hulle my moet kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid sê toe vir priester Agimelek: “Die koning het my gestuur, maar hy het gesê ek mag vir niemand vertel waarheen hy my stuur en wat hy vir my gesê het nie. Ek sal my manskappe op ’n sekere plek kry. |