1 Samuel 21:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Akis vir sy dienaars: Kyk, julle sien die man is kranksinnig; waarom het julle hom dan na my toe gebring? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Akis vir sy amptenare: “Kan julle nie sien die man is mal nie? Hoekom bring julle hom na my toe? |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê Agis aan sy dienaars: Julle sien tog die man is kranksinnig, waarom bring julle hom na my toe? |
| Afrikaans 1983 | Akis het vir sy amptenare gesê: “Julle kan mos sien die man is mal. Waarom bring julle hom na my toe? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agis het vir sy amptenare gesê: “Kyk, julle sien die man gedra hom soos 'n mal mens – waarom bring julle hom na my toe? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Akis het vir sy amptenare gesê: “Kyk daar, julle kan sien die man is mal. Hoekom bring julle hom na my toe? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kan julle nie sien die man is van sy kop af nie?” sê Akis vir die paleiswerkers. “Hoekom bring julle hom hier na my toe? |