1 Samuel 21:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het sy gedrag voor hulle verander en hom in hulle hande gek gemaak en aan die deure van die poort gekrap en sy speeksel op sy baard laat val.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom het hy gemaak of hy mal is deur teen die poorte te krap en sy spoeg teen sy baard te laat afloop.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het hy hom voor hulle oë kranksinnig aangestel en hom mal gehou onder hulle hand en op die deure van die poort gekrap en sy speeksel in sy baard laat afloop.
Afrikaans 1983 Daarom het Dawid hom voor die Filistyne waansinnig gehou, en terwyl hy by hulle was, het hy hom soos 'n mal mens gedra. Hy het teen die deure van die poort gekrap en sy spoeg in sy baard laat afloop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hom toe voor hulle oë kranksinnig gehou. Hy het voorgegee dat hy waansinnig is terwyl hy in hulle hande was, en het merke gemaak op die poortdeure en die kwyl in sy baard laat afloop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hy by die Filistyne kom, het hy gemaak of hy nie weet wat hy doen nie. Hy het gemaak of hy mal is. Hy het met sy vingers op die deure van die poorte gekrap en hy het spoeg in sy baard laat afloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het toe voor hulle gemaak of hy mal is. Toe hulle hom vang, het hy hom stapelgek gehou: hy het met sy naels aan die deure by die dorp se ingang gekrap en die spoeg het oor sy baard geloop.