1 Samuel 21:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dienaars van Agis sê vir hom: Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie die een vir die ander van hom in koordanse gesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan en Dawid sy tienduisende? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Akis se amptenare het gevra: “Is dit dan nie Dawid, die koning van die land nie? Is dit nie die een wat die mense met danse vereer het en oor wie hulle gesing het: ‘Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende’ nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die dienaars van Agis het hom gevra: Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie vir hom in die koordanse gesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tien duisende? |
| Afrikaans 1983 | Akis se amptenare het vir hom gesê: “Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Sing hulle nie vir hom in koordanse nie: “Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agis se amptenare het vir hom gesê: “Is dit dan nie Dawid dié, die koning van die land nie? Is dit nie vir hom wat hulle in hulle kringdanse gesing het nie? “ ‘Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Akis se amptenare het vir hom gesê: “Dit is Dawid, die koning van die land. Dit is die man vir wie die vroue gedans en gesing het. Hulle het gesê: “ ‘ Saul het duisende manne oorwin, maar Dawid het tienduisende oorwin.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Akis se paleiswerkers sê toe vir hom: “Maar dis mos Dawid, die koning van die land! Dis mos oor hóm wat die vroue sing as hulle in die rondte dans: “Saul het duisende verslaan en Dawid tien duisende.” |