1 Samuel 21:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom Dawid in Nob by die priester Ahimeleg, en Ahimeleg het bang geword by die vergadering van Dawid en vir hom gesê: Waarom is jy alleen en niemand by jou nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dawid het by die priester Agimelek in Nob aangekom. Agimelek was bang toe hy Dawid sien en vra: “Hoekom is jy alleen sonder iemand anders by jou?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Dawid het in Nob gekom by die priester Ahim,leg; en Ahim,leg het Dawid bewend tegemoetgegaan en hom gevra: Waarom is u alleen, en is daar niemand by u nie? |
| Afrikaans 1983 | Dawid het in Nob by die priester Agimelek gekom. Agimelek het Dawid ontsteld tegemoet gegaan en gevra: “Waarom is u alleen? Waarom is daar niemand by u nie?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dawid het in Nob by Agimeleg, die priester, aangekom. Agimeleg het Dawid vreesbevange tegemoetgegaan en hom gevra: “Waarom is u alleen en is daar niemand by u nie?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dawid het in die stad Nob by die priester Agimelek gekom. Agimelek het geskrik toe hy vir Dawid sien. Hy het vir Dawid gevra: “Hoekom is jy alleen? Hoekom is daar niemand saam met jou nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dawid het in Nob by priester Agimelek aangekom. Agimelek het groot geskrik toe hy Dawid sien en vir hom gevra: “Hoekom kom jy alleen hier aan sonder iemand by jou?” |