1 Samuel 20:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jónatan sê: Dit is ver van jou af, want as ek sekerlik geweet het dat die onheil deur my vader besluit is om oor jou te kom, sou ek jou dit dan nie vertel nie?
Afrikaans (NLV) 2011 “Nooit!” sê Jonatan. “As ek seker is my pa het vas besluit om jou dood te maak, sal ek jou beslis daaroor inlig.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Jonatan: Moenie so dink nie! Want as ek sekerlik bemerk dat die onheil van my vader se kant vas besluit is om oor jou te kom, sou ek jou dit dan nie te kenne gee nie?
Afrikaans 1983 Toe antwoord Jonatan: “Nee, as ek seker weet dat my pa klaar besluit het om jou dood te maak, sal ek jou dit beslis laat weet.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Jonatan: “Dit sal hoegenaamd nie met jou gebeur nie! Want, as ek vir seker weet dat dit by my pa vasstaan om die onheil oor jou te bring – sal ek jou dan nie daarvan vertel nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jonatan het gesê: “Dit sal nooit gebeur nie. As ek weet my pa het vas besluit om jou dood te maak, dan sal ek dit vir jou sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek sal dit nooit doen nie,” sê Jonatan. “As ek doodseker is my pa wil van jou ontslae raak, sal ek jou vir seker laat weet.”