1 Samuel 20:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom moet jy vriendelik wees met jou dienaar; want jy het jou kneg in 'n verbond van die HERE met jou gebring; want waarom sou jy my na jou vader toe bring?
Afrikaans (NLV) 2011 Wys dat jy aan my getrou is, want jy het voor die Here ’n verbond met my gesluit. As ek teen jou pa oortree het, moet jy my self doodmaak. Dit sal dan nie nodig wees om my aan jou pa uit te lewer nie.”
Afrikaans 1933/1953 Bewys dan guns aan jou dienaar, want jy het jou dienaar met jou saam in 'n verbond van die HERE gebring. Maar as daar by my 'n misdaad is, maak jy my dan self dood -- waarom tog sou jy my na jou vader bring?
Afrikaans 1983 Jy het my met 'n verbond van die Here aan jou verbind. Toon jou trou aan my, en as ek skuldig is, maak jý my dan dood. Waarom moet jy my nog na jou pa toe bring?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bewys trou aan jou dienaar, want in 'n verbond voor die Here het jy jou dienaar aan jou verbind. As ek skuld dra, maak jy my dan dood. Maar aan jou pa – om watter rede sou jy my aan hom uitlewer?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar jy moet onthou dat ek en jy 'n ooreenkoms gemaak het, en die Here is die getuie daarvan. As ek verkeerd gedoen het, dan moet jy self vir my doodmaak. Jy moet my nie na jou pa toe bring nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het my met ’n belofte voor die Here aan jou gebind as jou getroue vriend. As ek enigiets verkeerds gedoen het, doen my dan die guns en maak jý my dood. Maar moet my asseblief nie aan jou pa oorgee nie.”