1 Samuel 20:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As hy so sê: Dit is goed; u dienaar sal vrede hê, maar as hy baie kwaad word, moet u seker wees dat die onheil deur hom bepaal word.
Afrikaans (NLV) 2011 As hy sê: ‘Dis goed!’ beteken dit ek is veilig. Maar as hy baie kwaad word, moet jy weet dat hy reeds besluit het om my om die lewe te bring.
Afrikaans 1933/1953 As hy so sê: Goed! dan is jou dienaar veilig; maar as hy baie kwaad word, weet dan dat die onheil van sy kant vas besluit is.
Afrikaans 1983 As hy sou sê: ‘Goed!’ dan is ek veilig, maar as hy baie kwaad word, weet dan beslis dat hy klaar besluit het om my dood te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As hy sê, ‘Goed!’ is jou dienaar veilig; maar as hy baie kwaad word, weet dan dat die onheil, wat hom betref, vasstaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jou pa sê dit is goed, dan is ek veilig, maar as hy baie kwaad word, dan moet jy weet hy het klaar besluit om my dood te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jou pa sê: ‘Dis goed so,’ is jou getroue vriend veilig. Maar as jou pa baie kwaad word, moet jy weet hy het klaar besluit om van my ontslae te raak.