1 Samuel 20:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jou vader my enigsins mis, sê dan: Dawid het my ernstig verlof gevra dat hy na sy stad Betlehem kan hardloop, want daar is 'n jaarlikse offer daar vir die hele familie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jou pa oor my navraag doen, moet jy sê: ‘Dawid het dringend gevra om na sy tuisdorp Betlehem te gaan sodat hy daar die jaarlikse feesviering saam met sy familie kan vier.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | As jou vader my inderdaad mis, moet jy sê: Dawid het my dringend verlof gevra om gou na sy stad Betlehem te loop, want daar is die jaarlikse offer vir die hele geslag. |
| Afrikaans 1983 | As jou pa uitdruklik na my vra, moet jy sê: ‘Dawid het my dringend verlof gevra om gou na sy stad Betlehem toe te gaan, want die hele familie se jaarlikse offer vind daar plaas.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As jou pa uitdruklik oor my navraag doen, moet jy sê, ‘Dawid het my dringend versoek om gou na Betlehem, na sy tuisdorp, te gaan, want daar is 'n •maaltydoffer vir die hele familie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As jou pa sien ek is nie daar nie, dan moet jy sê: ‘Dawid het vir my gesoebat om gou na sy stad Betlehem te gaan, want sy hele familie gaan om die offer te bring wat hulle elke jaar moet bring.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jou pa my regtig mis by die ete, moet jy vir hom sê: ‘Dawid het by my verlof gevra om dringend na sy tuisdorp, Betlehem, toe te gaan, want die hele familie kom daar bymekaar vir die jaarlikse offer.’ |