1 Samuel 20:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Dawid vir Jónatan: Kyk, môre is dit nuwemaan, en ek moet nie versuim om saam met die koning te sit aan tafel nie; maar laat my gaan, dat ek my in die veld kan verberg tot die derde dag teen die aand.
Afrikaans (NLV) 2011 Dawid antwoord hom: “Kyk, dis môre nuwemaan. Ek behoort saam met die koning aan tafel te sit. Stuur my weg dat ek in die veld kan wegkruip tot die derde aand.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Dawid vir Jonatan: Kyk, môre is dit nuwemaan, en ek moet sekerlik met die koning saam aansit om te eet; maar laat my gaan, dat ek my wegsteek in die veld tot oormôre -aand.
Afrikaans 1983 Dawid sê toe vir Jonatan: “Môre is dit nuwemaan, en ek móét saam met die koning aansit om te eet. Maar laat my gaan dat ek in die veld kan wegkruip tot die derde aand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dawid het vir Jonatan gesê: “Kyk, môre is dit nuwemaan, dan is ek verplig om saam met die koning aan te sit vir ete. Maar laat my gaan, dan sal ek in die veld skuilhou tot die derde aand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En Dawid het vir Jonatan gesê: “Jy weet, môre is Nuwemaan-fees, en dan moet ek saam met die koning eet. Maar jy moet my laat gaan, sodat ek in die veld kan gaan wegkruip tot oormôre-aand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarop sê Dawid: “Kyk, dis môre nuwemaan, dan móét ek saam met die koning eet. Gee vir my toestemming dat ek in die veld kan gaan wegkruip tot oormôreaand.