1 Samuel 20:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Jónatan vir Dawid: Gaan in vrede, omdat ons ons albei in die Naam van die HERE gesweer het en gesê het: Die HERE sal vir ewig wees tussen my en jou en tussen my saad en jou nageslag. En hy het opgestaan en weggegaan, en Jónatan het in die stad ingegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Jonatan sê toe vir Dawid: “Gaan in vrede. Ons het in die Naam van die Here aan mekaar trou gesweer. Die Here is vir altyd getuie van hierdie ooreenkoms tussen my en jou en tussen ons nageslagte.” Dawid is toe daar weg, en Jonatan is terug na die stad toe.
Afrikaans 1933/1953 En Jonatan sê vir Dawid: Gaan in vrede, omdat ons twee in die Naam van die HERE gesweer en gesê het: Die HERE sal tussen my en jou wees, en tussen my nageslag en jou nageslag vir altyd.
Afrikaans 1983 Jonatan het vir Dawid gesê: “Gaan in vrede omdat ons twee in die Naam van die Here trou gesweer het en gesê het: Die Here is vir altyd daarvan getuie tussen ons en tussen ons twee se nageslagte.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jonatan sê toe vir Dawid: “Gaan in vrede, want ons twee het in die Naam van die Here 'n eed afgelê en gesê, ‘Die Here self sal getuie wees tussen my en jou, en tussen my nageslag en jou nageslag vir ewig. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Jonatan vir Dawid gesê: “Ek hoop dit gaan goed met jou. Ons twee het vir mekaar belowe en ons het die Here geroep om die getuie te wees. Ons het gesê: Ons bid dat die Here altyd die getuie sal wees dat daar 'n ooreenkoms is tussen ons en ons nageslagte.” Dawid het opgestaan en weggegaan, en Jonatan het na die stad gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jonatan sê toe vir Dawid: “Jy kan maar gaan. Jy is veilig, want ons twee het in die Naam van die Here ’n belofte aan mekaar gemaak; en die Here sal altyd sorg dat ek en jy en ons kinders daardie belofte nakom.”