1 Samuel 20:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jónatan het agter die seun aan geroep: Maak gou, maak gou, bly nie. En die seun van Jonatan het die pyle bymekaargemaak en by sy heer gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Maak gou, moenie nog talm nie.” Die seun het gou die pyle opgetel en dit na hom teruggebring.
Afrikaans 1933/1953 En Jonatan roep die dienaar agterna: Maak gou, hardloop, moenie bly staan nie. En die dienaar van Jonatan het die pyl opgetel en by sy heer gekom.
Afrikaans 1983 Jonatan het weer agter hom aan geroep: “Maak gou! Vinnig! Moenie tyd mors nie!” Die slaaf het toe die pyl opgetel en na Jonatan toe gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jonatan het ook agter die jong dienaar aan geroep: “Maak baie gou! Moenie gaan staan nie!” Die jong dienaar van Jonatan het die pyl opgetel en by sy heer gekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En Jonatan het vir die seun geskree: “Jy moet gou maak, jy moet hardloop, jy moenie staan nie.” Die seun het die pyl opgetel en hy het na Jonatan toe gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En hy skree ook vir hom: “Maak baie gou! Moenie wag nie!” Die seun het die pyl opgetel en vir Jonatan gebring.