1 Samuel 20:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die seun by die plek kom van die pyl wat Jónatan geskiet het, het Jonatan die seun agterna geroep en gesê: Is die pyl nie anderkant jou nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die seun by die plek kom waarheen die pyl geskiet was, roep Jonatan: “Die pyl is nog anderkant jou.
Afrikaans 1933/1953 Toe die dienaar dan by die plek kom waar Jonatan die pyl geskiet het, roep Jonatan die dienaar agterna en sê: Lê die pyl nie van jou af, verder nie?
Afrikaans 1983 Toe die slaaf by die plek kom waarheen Jonatan die pyl geskiet het, het Jonatan agter hom aan geroep en gesê: “Die pyl lê verder.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die jong dienaar by die plek kom waarheen Jonatan die pyl geskiet het, roep Jonatan agter die jong dienaar aan en sê: “Lê die pyl nie verder van jou af nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die seun by die plek kom waarnatoe Jonatan die pyl geskiet het, het Jonatan vir die seun geskree: “Die pyl is anderkant jou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die seun by die plek kom waar die pyl moet lê, skree Jonatan vir hom: “Lê die pyl nie nog verder nie?”