1 Samuel 20:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir sy seun: Hardloop, vind nou die pyle uit wat ek skiet. En terwyl die seun hardloop, het hy 'n pyl verby hom geskiet.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hardloop,” sê hy vir die seun, “en gaan haal die pyle wat ek afskiet.” Die seun het gehardloop en Jonatan het anderkant hom verby geskiet.
Afrikaans 1933/1953 En hy sê aan die dienaar: Loop soek tog die pyle wat ek afskiet. En terwyl die dienaar loop, skiet hy 'n pyl dwarsoor hom heen.
Afrikaans 1983 Hy het vir sy slaaf gesê: “Hardloop, gaan haal die pyle wat ek afskiet.” Die slaaf het gehardloop en Jonatan het die pyl by hom verby geskiet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir die jong dienaar: “Hardloop; gaan haal die pyle wat ek afskiet!” Die jong dienaar het gehardloop, en hy het 'n pyl bo-oor hom afgeskiet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jonatan het vir die seun gesê: “Jy moet hardloop en asseblief die pyle soek wat ek skiet.” Die seun het gehardloop, en Jonatan het 'n pyl verby hom geskiet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sê toe vir die knaap: “Hardloop en gaan haal die pyl wat ek skiet.” Die seun hardloop, en Jonatan skiet die pyl bo-oor hom.