1 Samuel 20:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur in die môre dat Jónatan die veld in gegaan het op die tyd wat met Dawid vasgestel is, en 'n klein seuntjie saam met hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende oggend het Jonatan veld toe gegaan soos hy met Dawid afgespreek het, en ’n jong seun saamgeneem om die pyle op te tel.
Afrikaans 1933/1953 Die volgende môre gaan Jonatan, volgens afspraak met Dawid, na die veld toe uit, en 'n jong dienaar met hom saam.
Afrikaans 1983 In die môre het Jonatan volgens sy afspraak met Dawid uitgegaan na die veld toe, en daar was 'n jong slaaf by hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die oggend het Jonatan, volgens die afspraak met Dawid, uitgegaan na die veld. 'n Jong dienaartjie was saam met hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jonatan het die volgende oggend uitgegaan na die veld, na die plek waar hy gesê het Dawid moet vir hom wag. Daar was 'n jong seun by Jonatan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende môre is Jonatan saam met ’n jong seun veld toe, soos hy met Dawid afgespreek het.