1 Samuel 20:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het Jónatan in hewige woede van die tafel opgestaan en op die tweede dag van die maand geen vleis geëet nie, want hy was bedroef oor Dawid, omdat sy vader hom beskaamd gemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jonatan het woedend van die tafel af opgestaan en wou die hele dag niks eet nie, want hy was ontsteld oor sy pa se skaamtelose gedrag teenoor Dawid. |
| Afrikaans 1933/1953 | staan Jonatan op van die tafel in gloeiende toorn, en hy het geen brood geëet op die tweede dag van die nuwemaan nie, want hy was bedroef oor Dawid, omdat sy vader hom smadelik bejeën het. |
| Afrikaans 1983 | Woedend het Jonatan van die tafel af opgestaan en op die tweede dag van die nuwemaan niks geëet nie omdat hy bekommerd was oor Dawid en omdat Saul vir Dawid so sleg behandel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jonatan het briesend kwaad van die tafel af opgestaan. Hy het nie enige kos geëet op tweede nuwemaan nie; want hy was ontsteld oor Dawid, omdat sy vader hom verneder het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jonatan was baie kwaad en hy het opgestaan en weggegaan van die tafel. Hy het nie daardie tweede dag van die Nuwemaan-fees geëet nie. Hy was hartseer oor Dawid, want sy pa het gemaak of Dawid 'n slegte mens is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy was baie kwaad en het van die tafel af opgestaan. Daardie hele dag het hy niks geëet nie. Hy was te ontsteld oor Dawid, oor sy pa hom wou doodmaak. |